wow. ek het soort van semi half vergeet van die hele blog-besigheid. oeps!
dis amper eksamen. en dit beteken ek gaan alles doen behalwe leer. jippie.
dis amper eksamen. en dit beteken ek gaan alles doen behalwe leer. jippie.
ek het nou die dag vir die eerste keer white stripes geluister en ek's hooked. dis flippen briljant. jack white is 'n musikale genie. en ek het ook na zebra & giraffe se cd geluister. ja. dis seker goed as jy van daai klas van dinge hou, maar dit het my heel negatief gemaak. rêrig. ek het wolfmother goed gekry en ek flippen love dit.
aKING se nuwe cd is maandag op die rakke. is nogal amped om dit in die hande te kry. die nuwe video vir "in the twilight" het in die week op mk begin rol en dis flippen goed gedoen. hulle het regtig hulself oortref dié keer. vir my het hulle het 'n goeie video nodig gehad, want "i believe" was, vir my, heavy vervelig, al het dit so goed gedoen op die mk top 10. gaan kyk "in the twilight" hier: http://www.facebook.com/home.php#/video/video.php?v=164522100091
dis rêrig die moeite werd, gaan kyk.
straatligkinders se video vir "gewonde standbeeld" het ook begin rol. die video doen die liedjie 100% justice en die visuals is flippen kief. well done boys. gaan kyk hier: http://www.facebook.com/home.php#/video/video.php?v=175188875246
die heuwels fantasties se nuutste, "leja" is ook onlangs op facebook gesit. soos hulle vorige videos, het dit ook daai "roadtrip"-gevoel waarvan ek so baie hou. dis nogal kief. gaan kyk hier: http://www.facebook.com/home.php#/video/video.php?v=97143981284
ek het letterlik nounet new holland se nuutste video "uhuru" op facebook gekyk. goeie FLIP dis goed. definitief een van my favourites van 2009, sover. gaan kyk hier: http://www.facebook.com/home.php#/video/video.php?v=82335134015
die 22ste februarie was die band fest by df malan met new holland, ben-nevis, obsessie met als en meer. hier's 'n paar kiekies.
teejay van new holland
new holland
ryno van new holland
op my wannabe ipod/foon memory card op die oomblik: kings of leon! meestal die ou goed. hulle cd's "holly roller navocaine", "because of the times" en "youth & young manhood". dis flippen flippen kief. dit remind my baie aan new holland se goed. en, natuurlik, white stripes. ek luister veral na hulle "get behind me satan" album. dis soeper eksperimentele klanke - elke liedjie is onverwags en anders as die vorige een en dis wat dit awesome maak.
goeie dag
x
No comments:
Post a Comment