Saturday, January 24, 2009

die kuns om eg te wees

"huil elke traan, asof jy dit bedoel. soen elke soen, asof jy dit bedoel.
liefde is mooi, maar dit kan ook verwoes. jy brand jou hand teen my hart se punt.

ek dink dis hoogtyd dat ek en jy hierdie uitpraat. ek is moeg om te wonder wat môre gaan bring, want ek wil nie jou tyd mors nie, ek's klaar met my kanse verloor. Te veel keer het ek gesit en gewag vir 'n beter, 'n mooier lewensdag waar alles net beter sou wees. maar dit was nie, ek't 'n fout gemaak.

jy gee my nog 'n kans om myself te wees in die wêreld waar ek so stukkend en gebroke is."

Die Kuns Om Eg Te Wees - Straatligkinders

Bouwer, hoofsanger van Straatligkinders. Foto geneem 17 Augustus 2008, Strand.

breek my perke

2de dag van nuwe skooljaar. was verveeld in die klas - soos verwag. toe kom hierdie lukrake gediggie tydens engelse periode by miss pis (pistorius as jy rêrig wil). as engels vir die res van die jaar so is, behoort hier nog baie te volg. watch this space.
meanwhile is die My CokeFest line-up bekend gemaak. what a dissapointment. (behalwe Bullet.. yippee) kyk by http://www.lucavincenzo.blogspot.com/ wat sy menings is oor die sakie.
Joolfees volgende naweek @ Die Braak- hopelik my eerste New Holland gig. whoop. cool line-up. amped.
op my ipod opi oomblik:
Bullet For My Valentine - Forever And Always (Scream Aim Fire)
Kings Of Leon - Use Somebody (Only By The Night)
check dit uit.

al vir nou. hou dop vir nog poems.
vrede
x


na vandag
na môre
na volgende week
is daar nog 'n dag
nog 'n môre
nog 'n week
nog 'n dag om
nuutgevonde angstigheid
te ontwikkel
want ek weet nie
wat vandag
of môre
of volgende week
na my kant toe
sal slinger nie

my vrees maak my bang
en my bangheid
beperk my
tot angstigheid
en afwagting-
afwagting na
die onbekende
van vandag
van môre
van volgende week

breek my perke

Friday, January 9, 2009

nefie en niggie. boetie en sussie. lian en lara.




dis eintlik al wat ek wou sê.
gaan dinsdag hermanus toe - behoort 'n paar behoorlike kiekies daar op te vang.
vrede
xx