Tuesday, December 30, 2008

You don't take a photograph. You ask, quietly, to borrow it. ~ Author Unknown

net 'n paar vakansie oomblikke wat ek vasgevang het.
soos ek reeds genoem het- ek's nie 'n pro nie, net entoesiasties oor fotografie.
geniet dit.

BO: Richard, bassist van Peter Poon, local band & wenner van Rockspaaider 2008, open vir Glaskas. 28 Nov 2008. Hendrik Louw Laerskool, Strand.


BO: Deon Meiring, hoofsanger van Glaskas by dieselfde show.


BO: Mischa, chill-session @ Mischa's. 6 Des 2008.


BO: babysitting. my nefie.


BO: Ernie Els. SA Open, Pearl Valley Golf Estate. 20 Des 2008.


BO: Kleinmond. 23 Des 2008.

BO: Heike. 27 Des 2008.

meer om te volg. watch this space.

vrede.

Monday, December 29, 2008

mmmm... blogging. behoort interesant te wees.









blogging. mmm. ek is nie doodseker wat die term als betref nie, maar ek dink ek sal dit 'n go gee. as dit my 'n platform bied om te wat ek wil, is ek happy. as dit my die kans gee om my gedagtes en idees daarbuite te sit, is ek meer as tevrede.



so... ja. welkom. (ek is nie seker aan wie daai 1 gerig is nie. dalk myself?)







ek het 4 passies in my lewe. (in geen spesifieke volgorde nie)



nommer 1: musiek. o liewe hemel. ek kan nie rêrig my bestaan sonder dit voorstel nie.



nommer 2: fotografie & fotos oor die algemeen. ek is nie 'n pro nie, net entoesiasties.



nommer 3: God. 'nuff said.



nommer 4: my taal. ek het niks teen engels nie en sal myself nie as liberaal en patrioties beskryf nie, maar ek is trots op my taal.



wel, dis ek in 'n neutedop. Anja Morkel.



my blog gaan oor die kakofoniese ritmes en klanke van, wel, die lewe. dis my opinies oor wat in my wêreld aangaan. voel vry om kommentaar te lewer en jou inset te gee. ek vra net een ding: wees open-minded. tonnelvisie word nie toegelaat nie.



ek sluit af met 'n quote van Fokofpolisiekar uit Antibiotika:



"Donker Afrika is net donker vir dié met oogklappe aan."



dink daaroor.



vrede.