Showing posts with label parel vallei. Show all posts
Showing posts with label parel vallei. Show all posts

Friday, June 12, 2009

ek het my gunstelinge.

So, dit was weer sulke tyd. My gunsteling tyd. Straatligkinders-in-die-Kaap tyd

Straatligkinders, Peter Poon
5 Junie 2009
N.G. Kerk Brackenfell-Wes

Omdat ek 'n huge fan van altwee die bands is, gaan hierdie seker abnormaal positief klink, maar glo my dis die waarheid! Die turn-up by die gig was redelik goed - meer as wat ek of Straatligkinders verwag het. Daar was 'n uiters interesante atmosfeer voor die gig - klein kleuters wat rondhardloop en voor teen die stage staan en mxit terwyl hulle vir Straatligkinders wag. Jippee! (Om eerlik te wees, was my opgewondenheid ook soos dié van 'n kleuter op daardie stadium.)
Peter Poon het geopen met 'n polished set, soos altyd. Ten spyte van die feit dat die gehoor nie bekend is aan hulle songs nie, het hulle beïndruk en selfs 'n nuwe song gespeel wat, volgens my, 'n lekker treffer kan word. Hulle skiet binnekort hulle eerste video vir Red my van Myself en hulle debut album kom uit in Augustus - hou jou oë oop vir hom, want dit gaan groot wees.



Al du Toit


John van Zyl


Richard Onraet, gewoonlik op die bass.


EN TOE. Straatligkinders. Dis moeilik om 'n Straatligkinders-show te beskryf in woorde - dis iets wat jy self moet ervaar om rêrig te weet hoe dit is. Hulle het met die gewone "Inleiding" (van Sweef soos 'n Vuishou) afgeskop om die kinners behoorlik opgevuur te kry vir die energieke set wat voorlê. Volgende was Neem My Weg, een van my heel beste SLK-songs. En van daar af was dit net een treffer op die ander.

Hoogtepunte het ingesluit: Gewonde Standbeeld, Totsiens en, my gunsteling oomblik, toe Bouwer (hoofsanger) die hidden track op Sweef soos 'n Vuishou op sy eie gespeel het en met die gehoor geshare het - ietwat anders as die gewone set. Die Kinners het weer beïndruk en is na die tyd soos behoorlike celebrities oorval met fans vir foto's en handtekeninge en high fives.




Bouwer Bosch share met die gehoor


"Julle sing baie mooi. Nee rêrig!"


Hein Kruger


Bennie de Jager

Ek sal altyd 'n sagte plekkie vir altwee die bands hê. Vir Peter Poon, oor hulle die PV-trots in my wakker maak en altyd beïndruk met hulle musikale vertonings. Vir Straatligkinders, oor die genuine dudes wat hulle is en die genuine boodskap wat hulle uitdra. En, natuurlik, die kickass shows wat hulle elke keer lewer!


Tuesday, May 19, 2009

stemtyd en pret

ahoi:)

die mk 4de avontoer se reëlings is weer op die been en ons, die fans, kan deel wees van die pret deur vir ons gunsteling te stem op die dpk-website. onder die bands is Peter Poon, Winterstasie, Ben Nevis, Mr Cat and the Jackal, Fire through the Window en vele meer "nuuter" bands op die scene. Klick op die link en wees deel van die kiefste toer in die wêreld: http://www.dpk.co.za/mk-4de-avontoer/

op die 1ste april was dit my skool se interhuis-bandkompetisie. oud-parel valleiers, Peter Poon, het 'n draai kom gooi voor hulle gig by aandklas. hulle was, soos gewoonlik, flippen pret om te kyk en ek kon nie help om 'n paar danspassies te gooi nie. (jammer vir dié wat dit moes aanskou. my bad.) ek persoonlik dink hulle sal 'n soeper pret bydra tot die avontoer maak. doen jouself 'n guns en woon 'n gig van hulle by. dis die moeite werd!

Dean Bellingan en Aldert du Toit van Peter Poon

Aldert du Toit, guitarist/leadsinger

Richard Onreat, bassist/vocals/didgeridoo(ist)

Dean Bellingan

shot. intussen, op my "ipod": White Oleander soundtrack. flippen mooi as jy van rustiger stuff hou. het ook van Crash se soundtrack goed gekry en 1 artist, Bird York, het quite 'n impression gemaak. luister "in the deep" van bird york. kief stuff.

vrede

x