Showing posts with label Straatligkinders. Show all posts
Showing posts with label Straatligkinders. Show all posts

Friday, June 12, 2009

ek het my gunstelinge.

So, dit was weer sulke tyd. My gunsteling tyd. Straatligkinders-in-die-Kaap tyd

Straatligkinders, Peter Poon
5 Junie 2009
N.G. Kerk Brackenfell-Wes

Omdat ek 'n huge fan van altwee die bands is, gaan hierdie seker abnormaal positief klink, maar glo my dis die waarheid! Die turn-up by die gig was redelik goed - meer as wat ek of Straatligkinders verwag het. Daar was 'n uiters interesante atmosfeer voor die gig - klein kleuters wat rondhardloop en voor teen die stage staan en mxit terwyl hulle vir Straatligkinders wag. Jippee! (Om eerlik te wees, was my opgewondenheid ook soos dié van 'n kleuter op daardie stadium.)
Peter Poon het geopen met 'n polished set, soos altyd. Ten spyte van die feit dat die gehoor nie bekend is aan hulle songs nie, het hulle beïndruk en selfs 'n nuwe song gespeel wat, volgens my, 'n lekker treffer kan word. Hulle skiet binnekort hulle eerste video vir Red my van Myself en hulle debut album kom uit in Augustus - hou jou oë oop vir hom, want dit gaan groot wees.



Al du Toit


John van Zyl


Richard Onraet, gewoonlik op die bass.


EN TOE. Straatligkinders. Dis moeilik om 'n Straatligkinders-show te beskryf in woorde - dis iets wat jy self moet ervaar om rêrig te weet hoe dit is. Hulle het met die gewone "Inleiding" (van Sweef soos 'n Vuishou) afgeskop om die kinners behoorlik opgevuur te kry vir die energieke set wat voorlê. Volgende was Neem My Weg, een van my heel beste SLK-songs. En van daar af was dit net een treffer op die ander.

Hoogtepunte het ingesluit: Gewonde Standbeeld, Totsiens en, my gunsteling oomblik, toe Bouwer (hoofsanger) die hidden track op Sweef soos 'n Vuishou op sy eie gespeel het en met die gehoor geshare het - ietwat anders as die gewone set. Die Kinners het weer beïndruk en is na die tyd soos behoorlike celebrities oorval met fans vir foto's en handtekeninge en high fives.




Bouwer Bosch share met die gehoor


"Julle sing baie mooi. Nee rêrig!"


Hein Kruger


Bennie de Jager

Ek sal altyd 'n sagte plekkie vir altwee die bands hê. Vir Peter Poon, oor hulle die PV-trots in my wakker maak en altyd beïndruk met hulle musikale vertonings. Vir Straatligkinders, oor die genuine dudes wat hulle is en die genuine boodskap wat hulle uitdra. En, natuurlik, die kickass shows wat hulle elke keer lewer!