Met matriek en 18ths en musical en stuff aan die gang, het 2010 nogals moerse vinnig verbygevlieg sover. (Ek het eintlik net weer begin blog as gevolg van 'n Skeinat taak wat vermy word...) Vir 11 jaar werk jy en hoop jy om hier te kom, en nou kan ons nie wag om hier UIT te kom nie.
Skool was heel hanteerbaar tot dusver, maar nou is dit asof als ewe skielik verander het. En dis nie skool wat verander het nie, dis ons. Ek staan vandag en bekyk die graad 8-brakkies en skiet toe 'n gebedjie op om dankie te sê dat ek verby dit is: verby die punt waar ek dink ek het die lewe uitgefigure en dat ek "nou groot is". Want hel, op 14 weet jy regtig nog niks van enige iets nie. En op 18, wel, weet jy 'n klein bietjie meer as niks. 'n Klein bietjie.
My punt is nie net dat matriek LANK overdue is nie, maar dat dinge nie noodwendig aanhou verander nie - ONS verander die meeste van als. Ons sienings en houdings teenoor die lewe verander en, stadig maar seker, raak ons gatvol vir die klein wêreldjie wat skool vir ons skep.
Maar daar's geen nut daarin om te kla oor iets waaraan jy niks kan doen nie. My motivering? Sonder matriek kan ek nie volgende jaar Stellenbosch toe gaan nie. So las negatiwiteit!
Hier gat ons.
"I'm feeling rough, I'm feeling raw, I'm in the prime of my life."