Tuesday, May 19, 2009

stemtyd en pret

ahoi:)

die mk 4de avontoer se reëlings is weer op die been en ons, die fans, kan deel wees van die pret deur vir ons gunsteling te stem op die dpk-website. onder die bands is Peter Poon, Winterstasie, Ben Nevis, Mr Cat and the Jackal, Fire through the Window en vele meer "nuuter" bands op die scene. Klick op die link en wees deel van die kiefste toer in die wêreld: http://www.dpk.co.za/mk-4de-avontoer/

op die 1ste april was dit my skool se interhuis-bandkompetisie. oud-parel valleiers, Peter Poon, het 'n draai kom gooi voor hulle gig by aandklas. hulle was, soos gewoonlik, flippen pret om te kyk en ek kon nie help om 'n paar danspassies te gooi nie. (jammer vir dié wat dit moes aanskou. my bad.) ek persoonlik dink hulle sal 'n soeper pret bydra tot die avontoer maak. doen jouself 'n guns en woon 'n gig van hulle by. dis die moeite werd!

Dean Bellingan en Aldert du Toit van Peter Poon

Aldert du Toit, guitarist/leadsinger

Richard Onreat, bassist/vocals/didgeridoo(ist)

Dean Bellingan

shot. intussen, op my "ipod": White Oleander soundtrack. flippen mooi as jy van rustiger stuff hou. het ook van Crash se soundtrack goed gekry en 1 artist, Bird York, het quite 'n impression gemaak. luister "in the deep" van bird york. kief stuff.

vrede

x

Saturday, May 16, 2009

partykeer vergeet ek ek het 'n blog. dan kyk ek musiekvideos.

wow. ek het soort van semi half vergeet van die hele blog-besigheid. oeps!
dis amper eksamen. en dit beteken ek gaan alles doen behalwe leer. jippie.


ek het nou die dag vir die eerste keer white stripes geluister en ek's hooked. dis flippen briljant. jack white is 'n musikale genie. en ek het ook na zebra & giraffe se cd geluister. ja. dis seker goed as jy van daai klas van dinge hou, maar dit het my heel negatief gemaak. rêrig. ek het wolfmother goed gekry en ek flippen love dit.


aKING se nuwe cd is maandag op die rakke. is nogal amped om dit in die hande te kry. die nuwe video vir "in the twilight" het in die week op mk begin rol en dis flippen goed gedoen. hulle het regtig hulself oortref dié keer. vir my het hulle het 'n goeie video nodig gehad, want "i believe" was, vir my, heavy vervelig, al het dit so goed gedoen op die mk top 10. gaan kyk "in the twilight" hier: http://www.facebook.com/home.php#/video/video.php?v=164522100091

dis rêrig die moeite werd, gaan kyk.

straatligkinders se video vir "gewonde standbeeld" het ook begin rol. die video doen die liedjie 100% justice en die visuals is flippen kief. well done boys. gaan kyk hier: http://www.facebook.com/home.php#/video/video.php?v=175188875246


die heuwels fantasties se nuutste, "leja" is ook onlangs op facebook gesit. soos hulle vorige videos, het dit ook daai "roadtrip"-gevoel waarvan ek so baie hou. dis nogal kief. gaan kyk hier: http://www.facebook.com/home.php#/video/video.php?v=97143981284





ek het letterlik nounet new holland se nuutste video "uhuru" op facebook gekyk. goeie FLIP dis goed. definitief een van my favourites van 2009, sover. gaan kyk hier: http://www.facebook.com/home.php#/video/video.php?v=82335134015

die 22ste februarie was die band fest by df malan met new holland, ben-nevis, obsessie met als en meer. hier's 'n paar kiekies.




teejay van new holland




new holland



ryno van new holland


op my wannabe ipod/foon memory card op die oomblik: kings of leon! meestal die ou goed. hulle cd's "holly roller navocaine", "because of the times" en "youth & young manhood". dis flippen flippen kief. dit remind my baie aan new holland se goed. en, natuurlik, white stripes. ek luister veral na hulle "get behind me satan" album. dis soeper eksperimentele klanke - elke liedjie is onverwags en anders as die vorige een en dis wat dit awesome maak.

goeie dag

x